Die Stasie
Eers elke dorp se trots
Werkers se finansiele rots
Word oral afgebreek
Hooligans wat hul op geboue wreek.
Geen ligte wat daar skyn
Net soms stop 'n enkele trein
Spoke beman die kaartjiekantoor
Weg is die nou die goederestoor
Geen opgeleide kondukteur
Of iemand wat sinjale beheer
Niks is meer heel
Tot die koperkraan is gesteel
Wat moet ek doen
Om die volk te versoen
En hul bymekaar te skaar
En stasies te bewaar.
Eers elke dorp se trots
Werkers se finansiele rots
Word oral afgebreek
Hooligans wat hul op geboue wreek.
Geen ligte wat daar skyn
Net soms stop 'n enkele trein
Spoke beman die kaartjiekantoor
Weg is die nou die goederestoor
Geen opgeleide kondukteur
Of iemand wat sinjale beheer
Niks is meer heel
Tot die koperkraan is gesteel
Wat moet ek doen
Om die volk te versoen
En hul bymekaar te skaar
En stasies te bewaar.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Soeke
Nog ' tree
Wat ek gee
hier waar ek loop
van alle aanhangsels gestroop
rustig en alleen
wonder waarop pad heen
van een dingis ek oortuig
dat my binnestes juig
oor iets bereik
wat my tydelik onwyk
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Stasie op vale
Nog n stasie met geen stasjiemeester
nog n platform met geen gebou
geen sinjaal geen kaartjieskantoor
om by te betaal net nog n spoor
met n enkele trein en die mense van vale wat openlik huil
met die val van die staat se byl

Met die Langeberge neffens my
Waar ek my vlerke sprei
hier voel ek heeltemal vry
net myself om mee te stry
weg is die stad se bande
ja en daar is geen stande
in die natuur geen skande
ja net ek en Hy
vrede wat ek hier kry
met my vlerke wyd gesprei
========================================================================

In 1903 het die trein Riversdal bereik
Heelparty het op die parade gepryk
een van die sterre heel gewis
Was Tom Wolhuter die masjinis
min wetende wat le nog voor
op die Heidelberg- Riversdal spoor
Me Cummings die prinsipaal
met meisies wat opgewonde straal
Het in Heidelberg partytjie gehou
hartseer wat eers later sou omvou
slegs 'n paar myl van daar
sou 'n ongeluk hul in die gesig staar
Dit was tyd om terug te keer
more is dit weer voldag leer
en toe by die Krombeksrivier
het 'n ongeluk alles versuur
ag kinders het hul lewens verloor
toe die trein op pad terug ontspoor
'n Ene boer meneer Odendaal
het die beseerdes kom haal
al was dit met 'n ossewa
het niemand hieroor gekla
met die artse nege ure laat
die minste bekommernis vir die staat
William Pannick die masjinis
het hom met die snelheid misgis
hoe vinnig het hy wel gery?
met verskeie lede wat daaroor stry
'n Hof moes die uitspraak maak
oor hierdie netelige saak
Onskuldig is hy bevind
vir die dood van enige kind
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Groet die see
Groet die See So is die see gegroet
Met die geur van proteas soet
Oor die Outeniqua
Het ek die prent gedra
Dan skielik is ek bo
Voor my wag die Karoo
Wat my kom groet
Die geur van soetdoring soet
Met onsekerheid in die gemoed.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Karoo Natuur
Waar ek in my bed lê
Het die weer die laaste sê
Wanneer jy vandag stap
Gaan die koue jou klap
Anderkant hierdie berg
Gaan die Karoo jou terg
Nie enige man se maat
Hier is dit die natuur wat praat.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waar ek in my bed lê
Het die weer die laaste sê
Wanneer jy vandag stap
Gaan die koue jou klap
Anderkant hierdie berg
Gaan die Karoo jou terg
Nie enige man se maat
Hier is dit die natuur wat praat.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
God se Gesig
In my fiets se saal
met gedagtes wat dwaal
sal ek my moet staal
teen temperature wat daal
In die sneeu wat koue baar
het ek Sy gesig gewaar
God wat na my staar
en teen die koue bewaar
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In my fiets se saal
met gedagtes wat dwaal
sal ek my moet staal
teen temperature wat daal
In die sneeu wat koue baar
het ek Sy gesig gewaar
God wat na my staar
en teen die koue bewaar
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Oud Soldaat
Waar is al die soldate heen.
Net ek sit hier alleen.
Regerings het hul uitgespoe,
Al die goedheid afgeploe.
APLA, SAW of Transkei...
Hulle nut is nou verby.
Waar is al die soldate heen?
Weer net ek hier alleen!
Politici is nou in beheer.
Hoekom hul aan soldate steur?
So is ek op soek...
na soldate net name in n boek..
Waar is al die soldate heen?
Steeds net ek alleen.
Min van hul het oorgebly.
Of wil hul die lewe vermy.
Soek tot jy enkeles vind.
Niks wat hulle meer bind...

MY PLEK
My pad is langs die spoor
Waar jy net rustigheid hoor
Dan is daar 'n trein wat praat
My dwing tot hierdie daad
Bewaar ons treine! met hul bekende toet seine
Kom ons doen iets drasties en bewaar ons stasies
My plek is langs die spore
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
My pad is langs die spoor
Waar jy net rustigheid hoor
Dan is daar 'n trein wat praat
My dwing tot hierdie daad
Bewaar ons treine! met hul bekende toet seine
Kom ons doen iets drasties en bewaar ons stasies
My plek is langs die spore
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DE LOFT
Leon en Marinda
Die Here sal julle dra
gee wat julle vra
niks hier wat hom pla.
Hy sal julle neem
Indien julle soms ween
omdat julle vriendskap leen
aan almal om julle heen.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Leon en Marinda
Die Here sal julle dra
gee wat julle vra
niks hier wat hom pla.
Hy sal julle neem
Indien julle soms ween
omdat julle vriendskap leen
aan almal om julle heen.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Op pad na Sheepmoor
Na 'n naweek se rus
voel die bene perdvris
met die teerpad daarvoor
wat lei na Sheepmoor
Min geweet wat vir my wag
gedurend die heuwelagtige dag
met 'n sterk wind van voor
in die verte wink Sheepmoor
Donkerte wat my inhaal
teen die elemente my staal
en langs die stasie Overvaal
op 'n plaas het afgesaal.
Met nog 'n dag langs die spoor
op die pad langs die spoor
Na 'n naweek se rus
voel die bene perdvris
met die teerpad daarvoor
wat lei na Sheepmoor
Min geweet wat vir my wag
gedurend die heuwelagtige dag
met 'n sterk wind van voor
in die verte wink Sheepmoor
Donkerte wat my inhaal
teen die elemente my staal
en langs die stasie Overvaal
op 'n plaas het afgesaal.
Met nog 'n dag langs die spoor
op die pad langs die spoor
Kiepersol
In die Elands Vallei
Gaan 'n
stukkie van my bly
Tussen die berge is ek vry
Niks wat my van God kan
skei
net vriendskap wat jy kry
te Kiepersol in die Elands Vallei
LEWENSPAD
Na elke afdraend 'n opdraend
Of na elke opdraend 'n afdraend
Sal nie altyd kan sê
Watter een ek wil hê
Sommige verkies soet en sout
Glo dit is die lewe se behoud
Na die toer sal ek weet
Beide laat jou egter sweet
Voortgaan deur dik en dun
Al maak dit nie altyd sin
Met hierdie wete
besef ek daar is altyd skete
Want na 'n afdraend is 'n opdraend
of na 'n opdraend 'n afdraend.
SOEKMEKAAR
Terwyl die mis neerdaal
Moes twee landmeters bepaal
Waar die dorp moes wees
Aan die einde van die Drakensberg reeks
Vir meer as vier-en-twintig uur
Was die mis ‘n muur
Met die geloei van die wind
Wat klanke tussen hul bind.
Deur met mekaar te praat
Was hul enigste raad
Minder as vyftig meter die brug
Toe die mis dit eindelik lig
Deur hul stemme is hul gespaar
Daar waar hul na mekaar staar
By die dorpie Soekmekaar.
OOS VRYSTAAT SPENS
Langs die Lesotho grens
Lê ‘n deel van ons land se spens
Van die vroegste tye aan
Is koring reeds hier gewaan
Mielies by tonne gedors
Bees verander tot wors.
Basoeto’s is die buurman
Besoek uit die berge dan en wan
Om die plase hier te besteel
Of sal ons sê in die winste te deel
Al het die boere hulle verwens
Bly hul deel aan Oos Vrystaat spens.
In die Elands Vallei
Gaan 'n
stukkie van my bly
Tussen die berge is ek vry
Niks wat my van God kan
skei
net vriendskap wat jy kry
te Kiepersol in die Elands Vallei
LEWENSPAD
Na elke afdraend 'n opdraend
Of na elke opdraend 'n afdraend
Sal nie altyd kan sê
Watter een ek wil hê
Sommige verkies soet en sout
Glo dit is die lewe se behoud
Na die toer sal ek weet
Beide laat jou egter sweet
Voortgaan deur dik en dun
Al maak dit nie altyd sin
Met hierdie wete
besef ek daar is altyd skete
Want na 'n afdraend is 'n opdraend
of na 'n opdraend 'n afdraend.
SOEKMEKAAR
Terwyl die mis neerdaal
Moes twee landmeters bepaal
Waar die dorp moes wees
Aan die einde van die Drakensberg reeks
Vir meer as vier-en-twintig uur
Was die mis ‘n muur
Met die geloei van die wind
Wat klanke tussen hul bind.
Deur met mekaar te praat
Was hul enigste raad
Minder as vyftig meter die brug
Toe die mis dit eindelik lig
Deur hul stemme is hul gespaar
Daar waar hul na mekaar staar
By die dorpie Soekmekaar.
OOS VRYSTAAT SPENS
Langs die Lesotho grens
Lê ‘n deel van ons land se spens
Van die vroegste tye aan
Is koring reeds hier gewaan
Mielies by tonne gedors
Bees verander tot wors.
Basoeto’s is die buurman
Besoek uit die berge dan en wan
Om die plase hier te besteel
Of sal ons sê in die winste te deel
Al het die boere hulle verwens
Bly hul deel aan Oos Vrystaat spens.