Voormalige Premier van die Vrystaat Winkie Direko het op Modderpoort skoolgegaan
Modderpoort, 'n dosyn of wat kilometer van Ladybrand in die hartjie van die Vrystaat, is in 1869 deur die Anglikaanse biskop van Bloemfontein, biskop Twellis, gekoop en daar langs die Modderpoort-spruit is die kerkie gevestig. Een van die leerlinge wat sowat 'n eeu later daar skoolgegaan het, is aartsbiskop Desmond Tutu, voorsitter van die WVK. Ná die stigting van die kerk het drie leraars en twee lekepredikers die hele Oos-Vrystaat en Lesotho bearbei. Die eerste lede van St. Augustines het nie huise gehad om in te woon nie. Aan die kant van die Platberg was 'n groterige grot en daar het hulle tuisgegaan. Daar was egter 'n gedurige trek in die grot en een van die leraars, Kanunnik Beckett, se gesondheid het 'n lelike knou gekry. Die eerste kerkdiens is ook in die grot gebou. Die grot is later pragtig herstel, vensters is by die een opening aangebring en daar is 'n deur wat kan sluit. En dit is glo in die grot waar mense weggekruip het wat vir die veiligheidspolisie gevlug het. Teen die Platberg is daar rotskuns gevind. Vyf van die panele wat Boesmans glo geverf het, het taamlik goed bewaar gebly. Tussen die grafte van die eerste priesters wat daar gewerk het, is die graf van Anna Mantsopa. Sy was 'n profetes wat in die gebied gewoon het. Sy is as 'n soort heilige beskou en vandag nog besoek honderde mense haar graf. Daar bid hulle en gaan bad dan in die Modderspruit. Die spruit word uit 'n fontein gevoed en die aanbidders beskou die water as heilig. Op Mantsopa se graf is 'n skinkbord met koppies en pierings wat mense daar gelaat het. Daar lê ook 'n groot hoeveelheid kerse om en op die graf. Wat die simbool van die koppies en pierings is, kon die inwoners nie sê nie. Modderpoort word nou aan 'n gesin verhuur wat die ou opstal omgeskep het in 'n oornag-verblyfplek en restaurant. Modderpoort se skool is ook heropen en in een van die groter kerke word huwelike gereeld bevestig. Die inwoners hoop dat die skool dieselfde peil as 'n halfeeu gelede sal bereik, want toe is gesê die gehalte van die Engels wat daar gepraat is, was ``hoog'' en die ``oprigting'', selfs gemeet aan vandag se standaarde, uitstekend. Daar tussen die berge en tussen die baie sandsteen-geboue kan die Society of the Sacred Mission inderdaad herleef.
Dankie aan Lourens Esteen wat die toer deur die Bio Sculpture fabriek en geskenk vir Marlene gereel het.
Thanks to Lourens Eksteen who arranged the tour of the Bio Sculpture factory and gift for Marlene.
Thanks to Lourens Eksteen who arranged the tour of the Bio Sculpture factory and gift for Marlene.